Wees jouself!
SANG, DANS, DRAMA, VERHOUDINGS & LAG
Dis wat ons doen!
Veeashe is in 2018 gestig deur Suzaan Erasmus, met formele onderrig in die volgende:
• Certified Laughter Yoga Leader
• Freelance Musical Theatre Performer
• Prepare & Enrich Facilitator
Suzaan Erasmus is gebore in ‘n klein dorpie, Sannieshof, in die Noordwes en het as klein dogtertjie almal vermaak deur te sing en te lag, nooit het sy kon dink dat sy ‘n besigheid uit dit uit sal kan maak nie, maar drome word waar, en niks kan in die pad van God se plan vir ons elkeen staan nie.
Suzaan Erasmus het Musiek Teater by TUT gestudeer, daar het sy verskeie hoofrolle vertolk en formele opleiding ontvang in Sang, Dans en Drama. Na TUT het sy 4 jaar lank vir die National Children’s Theatre landswyd getoer en vir die kinders van Suid-Afrika aan teater blootgestel en vreugde gebring. Nog werk waaroor sy baie trots is, is: Legally Blonde The Musical South Africa; Sarafina! In Black & White; Rita; Reik Na Die Sterre; Janice Honeyman’s Sleeping Beauty The Pantomime of your Dreams!; Fantasy of Light, en nog vele meer. Sy was ook betrokke by ‘n paar bekroonde produksies soos Kohoko’s Treasure en Buster & Bella en die 8 Talente DVD.
Sy is ook bekend vir haar Voice-over werk op TV en Radio, waarvan ‘n gunsteling die TELKOM Talking Babies advertensie is, asook haar werk in 3 Days to go, die fliek.
Verder het sy ook ‘n passie vir huwelike en troues, en het formele opleiding ontvang by FAMSA om huweliksvoorbereiding en –veryking te doen.
Sy het ook ondervinding as ‘n seremoniemeester en kan ook sing by hierdie geleenthede of die paartjie help met hulle eerste dans.
Sy glo ook in die krag van lag en het onder Dr. Martin Combrinck gekwalifiseer as ‘n Laughter Yoga Leader – ‘n lag ‘n dag laat wragtig, die dokter wag.
LEKKER FUNKSIES!
Ons verander elke funksie in die BESTE funksie ooit
Dis wat ons doen! Ons het baie temas van TEMPERAMENTE, LAG OEFENINGE tot BORDSPELETJIES, ons maak seker dat niemand verveeld is nie en dat geen funksie vervelig is nie.
Ek is ‘n “FREELANCE MUSICAL THEATRE PERFORMER, PREPARE & ENRICH FACILITATOR en CERTIFIED LAUGHTER YOGA LEADER”. So, as jy ‘n workshop, lag sessie, huweliksvoorbereiding of net iemand wat vreemde stemme kan maak nodig het – kontak ons!